Be Smart. Be Safe. Be Kind.

Belangrike inligting oor die Koronavirus

Laaste opgedateer: 30 April 2020

Suid-Afrika is tans in #inperking om die verspreiding van die virus te stop - dit beteken dat almal tuis moet bly tot verdere kennisgewing.

Jy hoef nie oorsee te reis om besmet te raak nie - die virus is ook in Suid-Afrika - en selfs jongmense kan die virus kry en baie siek word.

Wat is die simptome?

Die mees algemene simptome is:

  • ‘n Droë hoes
  • Koors
  • Seer keel
  • Probleme met asemhaling of kortasem

4 uit 5 mense sal ligte (nie ernstige) simptome ervaar en kan dus by die huis bly en beter word, sonder hospitaalversorging. Indien jy dink jy die virus het, bel die Noodlyn: 0800 029 999. Jy kan die virus versprei, selfs al voel jy nog nie siek nie. Dit is hoekom inperking so belangrik is.

Hoe kan jy veilig bly?
Bly tuis

Die mees belangrikste ding wat jy kan doen is om by die huis te bly. Verlaat slegs jou huis indien jy moet gaan kos of medisyne koop, om jou maatskaplike toelae te kry, of om ‘n dokter te gaan sien. Minibus voertuie sal soggens loop tussen 5vm en 10vm. Om by die huis te bly stop die verspreiding van die virus.

Was jou hande so dikwels soos jy kan

Gebruik seep en lopende water, as jy het. Indien jy nie lopende water het nie gebruik ‘n klein skottel met water en seep of kry ‘n familie lid om a koppie water oor jou hande te gooi soos jy dit was. Was jou hande vir minstens 20 sekondes. As jy êrens woonagtig is waar daar nie water is nie bel 0800 200 200 - die regering werk tans daaraan om water an hierdie areas toe te bring.

Hou 1.5m van mense af weg

Indien jy buite jou huis is bly ten minste 1.5m weg van mense met wie jy in aanraking kom en moenie handskud nie. Die virus beweeg in druppels speeksel, so as jy ver genoeg staan is die waarskynlikheid dat jy siek word minder, selfs al ontmoet jy iemand wat siek is. Onthou om in jou elmboog in te nies of hoes!

Bly ophoogte en bewus

Neem die Funzi COVID-19 ‘adapt and thrive’ kursus (gebruik baie, baie min data) of besoek die Departement van Gesondheid se gratis webwerf. Op hierdie wyse, as iemand vir jou iets vertel van die virus, kan jy kyk of dit vals nuus is.

Bemoedig ander om by die huis te bly

Wees ‘n veranderingskampioen in jou gemeenskap en bemoedig ander mense aan om die virus ernstig op te neem en om by tuis te bly. Daag ‘n vriend uit om veilig te wees, slim te wees en om goed te wees met die WhatsApp Inperking Uitdaging (normale WhatsApp kostes van toepassing).

Kom gereeld terug na hierdie webwerf vir opgedateerde inligting op hierdie bladsy.

© 2020 Harambee. All Rights Reserved.